DBV sê oor rob-oes wat op 1 Julie begin

Die Dierebeskermings-vereniging van Namibië het sy standpunt gegee oor die kabinetsbesluit oor rob-oeste vir 2023. Die kabinet het die ministerie van visserye se versoek vir die totale toelaatbare oes van Kaapse pelsrobbe vir die seisoen vanaf 1 Julie tot 15 November vanjaar goedgekeur. Die kabinet het die kwota vir 80 000 welpies en 6 000 bulle […]

Read More

BoN sê môre oor repokoers

Die Bank van Namibië se Monetêre Beleidskomitee sal môre die jongste repokoers bekend maak. Dit volg op ‘n verhoging van 25 basispunte wat die bank in Februarie aangekondig het, wat tans op 7,25 persent staan. Die repokoers in Suid-Afrika staan nou op 8,25 persent, 100 basispunte hoër as Namibië s’n met ekonome wat beslis ‘n […]

Read More

Vonnisoplegging vandag in Wasserfall-saak

Regter Christie Liebenberg sal vandag Azaan Madisia en haar broer Steven Mulundu vonnis na hul skuldigbevinding op verskeie klagte op 16 Mei. Beide is onskuldig bevind op die klagte van moord van Shannon Wasserfall op Walvisbaai maar is skuldig bevind aan regsverydeling. Madisia is ook skuldig bevind op twee klagte van bedrog. Die 22-jarige Wasserfall is […]

Read More

Stand van damme lyk bedroef

Die land se damme vertoon weekliks meer bedroef en bronne vir die sentrale gebied is tans op 34,6 persent met Von Bach wat net 22,8 persent vol is en Swakoppoort wat 67,2 persent water in het. Daar is net minder as 730 000 kubieke meter water in sewe dae onttrek. Die Omatakodam is dolleeg. Verlede […]

Read More

Brics-beraad sal nie verskuif word nie – Presidensie

Die Suid-Afrikaanse Presidensie het berigte ontken dat die Brics-beraad, wat in Augustus plaasvind, van Suid-Afrika na China verskuif kan word. Daar was vroeër gerugte dat die beraad wel verskuif sou word omdat President Vladimir Putin dit sal bywoon en ingevolge die Rome-statuut, moet Suid-Afrika hom arresteer. Woordvoerder, Vincent Magwenya, sê daar is geen verskuiwing nie. […]

Read More

Johannesburg kan in administrasie geplaas word sou begroting nie deurgevoer word nie

Die speaker van die raad, Colleen Makhubele, sê die Stad Johannesburg loop gevaar om onder administrasie geplaas te word indien die jaarlikse begroting nie deur die meerderheid van die raad goedgekeur word nie. Die burgemeesterskomiteelid vir finansies, Dada Morero, sal vandag die 2023/2024-begroting vir die nuwe finansiële jaar in die raad ter tafel lê. Makhubele […]

Read More

Mynwese-kamer verwelkom verbod op mineraal-uitvoere

Die Kamer van Mynwese van Namibië verwelkom die kabinetsbesluit oor die verbod op die uitvoer van sekere kritieke minerale soos onverwerkte litium-erts, kobalt-mangaan, grafiet en seldsame aardmetale goedgekeur. Volgens die kamer se uitvoerende hoof, Veston Malango, is dit nodig vir die regering om die uitvoer van onverwerkte kritieke minerale te beheer en te reguleer om […]

Read More

SA-padvragvereniging rig pleidooi aan ANC vir beter spoorlyne, hawens

Die Padvragvereniging in Suid-Afrika het ‘n pleidooi gerig vir die onmiddellike verbeterings van spoorlyne en hawens, en beklemtoon die vragmotorbedryf alleen kan nie aan die vraag vir doeltreffende vervoer voldoen nie. Hy beklemtoon die belangrikheid van samewerking tussen die spoor- en padsektore om doeltreffende vervoerdienste te bereik. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly, sê […]

Read More

Haatspraak, fopnuus op digitale platforms vereis daadwerklike aksie

Digitale platforms word regoor die wêreld gebruik vir haatspraak en die verspreiding van fopnuus. Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres het die VN se handleiding in die verband bekend gestel. Hy sê die kwessie vereis duidelike en gekoördineerde globale optrede.

Read More

Trump verskyn vandag in Miami-hof

Amerika se oudpresident Donald Trump verskyn vandag in ‘n federale hof in Miami waar hy die tweede keer sal teregstaan. Hy staar 37 aanklagte in die gesig wat verband hou met sy hantering van geklassifiseerde dokumente nadat hy die Withuis verlaat het. Die aanklagte gee besonderhede oor die plekke waar Trump na bewering geklassifiseerde dokumente […]

Read More