Trump verskyn vandag in Miami-hof

Amerika se oudpresident Donald Trump verskyn vandag in ‘n federale hof in Miami waar hy die tweede keer sal teregstaan. Hy staar 37 aanklagte in die gesig wat verband hou met sy hantering van geklassifiseerde dokumente nadat hy die Withuis verlaat het. Die aanklagte gee besonderhede oor die plekke waar Trump na bewering geklassifiseerde dokumente by sy Mar-a-Lago-landgoed in Florida gebêre het. Dit sluit ‘n badkamer, sy slaapkamer, ‘n kantoorruimte en ‘n pakkamer in. Die voormalige president het herhaaldelik ontken dat hy iets verkeerd gedoen het en hou vol dis ‘n heksejag.