Dooie man in Polo was bekende rower, uit op borg in moordsaak

Die Namibiese polisie het die jongste in verband met ‘n lewelose liggaam van ‘n man wat Sondag in Polo-voertuig in Windhoek gevind is, bekend gemaak. Die oorledene was deel van ‘n groep van vyf rowers in ‘n wit Polo wat ‘n man in die vroeë oggendure van Sondag by hy huis probeer beroof het en […]

Read More

SARB sê vandag oor repokoers, maar wat sal BoN in Desember sê

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se monetêre beleidskomitee vergader vandag om oor ‘n potensiële rentekoersverlaging te besluit. In September het die bank die repokoers met 25 basispunte tot 8 persent verlaag. Die Bank van Namibië se monetêrebeleidskomitee het rentekoerse op 15 Oktober met 25 basispunte tot 7,25 persent verlaag, met sy volgende vergadering wat vir 3 Desember […]

Read More

NSA dreig EPRA met kriminele klagte, EPRA oorweeg regsopsies

Eben de Klerk van die Ekonomiese Beleidsnavorsing Vereniging het skerp gereageer op die voortgesette weiering van die Namibiese Statistieke-agentskap om die werkloosheidsyfers bekend te maak. Die vereniging se tien dag ultimatum het verstryk. Die agentskap het in sy antwoord die vereniging met kriminele klagtes ingevolge die wet op statistieke gedreig. De Klerk sê dit kom […]

Read More

DBV loods nuwe, kreatiewe veldtog

Die Dierebeskermingsvereniging in Windhoek het onlangs ’n nuwe inisiatief genaamd “Pay-It-Forward” aangekondig, waar ’n skenker ’n koopbewys aanskaf wat die DBV aan ’n dier in nood sal opdra. In ruil daarvoor sal die skenker ‘n foto en opdatering ontvang van die spesifieke dier wat hulle kon help. Dit kan ook ‘n perfekte verjaardag- of Kersgeskenk […]

Read More

Job praat snert – Verdediging

Die uitvoerende direkteur in die verdedigingministerie, Wilhelmine Shivute, het saam met haar adjunk, Lennox Likando, bewerings weerlê deur die Affirmative Repositioning-beweging se leier, Job Amupanda, dat haar ministerie 8 miljoen Namibiese dollar bestee het om een voertuigonderdeel te koop. Sy sê die kwotasie waarna hy verwys het, was vir meer as 1 000 onderdele vir […]

Read More

Ohangwena kry tersiêre instelling

Ohangwena goewerneur Sebastian Ndeitunga het planne onthul vir ‘n tersiêre instelling in die streek. Die instelling sal na verwagting ‘n sleutelrol speel in die bevordering van onderwys en ook die streeksekonomie ‘n hupstoot gee. Hy het beklemtoon dat instellings soos Nust en die International University of Management integrale dele van hierdie inisiatief sal wees. Ndeitunga […]

Read More

Ondersese kabelskade blyk om sabotasie te wees

Sweedse polisie wat die vermoedelike sabotasie van twee optiesevesel-ondersese kabels in die Baltiese See ondersoek, sê ‘n Chinese skip aan die kus van Denemarke is “van belang”. Deense amptenare sê sy vloot volg ‘n Chinees-geregistreerde vragskip, die Yi Peng 3. Die skip het verby die kabels gevaar naastenby toe elkeen in ‘n vermoedelik kwaadwillige aanval […]

Read More

Oekraïne looi Rusland verder

Die Oekraïne het vir die eerste keer sedert die begin van die konflik Brits-vervaardigde Storm Shadow-missiele na Rusland afgevuur. Die besluit om die aanval goed te keur is geneem in reaksie op die ontplooiing van meer as 10 000 Noord-Koreaanse troepe op Rusland se grens met die Oekraïne. Video’s op sosiale media dui aan dat […]

Read More

SAOG-verkiesingswaarnemingsending van stapel gestuur

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se verkiesingswaarnemingsending na Namibië se presidents- en Nasionale Vergadering-verkiesings is amptelik in Windhoek van stapel gestuur. Die sending word gelei deur Anne Semamba Makinda, ‘n voormalige speaker van die Tanzaniese parlement. Sy het in haar toespraak gesê alle SAOG-lidlande het personeel en hulpbronne tot die sending bygedra, en die personeel is gekies […]

Read More

Meer as 5 000 huishoudings in Whk landelike kiesafdeling kry droogtehulp

I-Ben Nashandi, die uitvoerende direkteur in die kantoor van die Eerste Minister, het verklaar dat die droogte in Namibië tans op sy hoogtepunt is. Hy het gepraat tydens die bekendstelling van die E-Voucher-stelsel vir droogtehulp in Groot Aub. Nashandi het die toename in die aantal begunstigde huishoudings van 172 009 tot 364 927 uitgelig, wat […]

Read More