Britte vervolg man, 92, vir moord en verkragting in 1967

‘n Twee-en-negentigjarige man het in Bristol, Engeland, in die hof verskyn in verband met die moord en verkragting van ‘n vrou in 1967. Ryland Headley van Ipswitch is vroeër die week in hegtenis geneem na ‘n forensiese hersiening van die saak. Die 75-jarige Louisa Dunne se bure het haar in Junie 1967 dood aangetref in […]

Read More

Namibië, kultuur, werkloosheid en GBV

‘n Studie deur die Wêreldgesondheidsorganisasie het bevind dat meer as ‘n derde van Namibiese vroue fisieke of seksuele geweld van ‘n intieme maat ervaar het, met 31 persent wat fisieke geweld en 17 persent seksuele geweld aangemeld het. Sommige kulturele norme, soos die idee dat mans minderwaardig voel wanneer vroue onafhanklik optree, kan ook geweld […]

Read More

Teen 2100 kan hitte, lugbesoedeling 30m jaarliks dood

‘n Studie deur die Max Planck-Instituut vir Chemie waarsku dat jaarlikse sterftes weens lugbesoedeling en uiterste temperature teen 2100 dertig-miljoen kan bereik. Die data wat in Nature Communications gepubliseer is, toon dat besoedelingverwante sterftes na raming vyf keer sal toeneem terwyl temperatuurverwante sterftes sewe keer sal styg, veral in Suid- en Oos-Asië. In hoë-inkomste streke […]

Read More

Vervoer in Griekeland lamgelê deur staking

‘n Algemene staking het hawe-, spoorweg- en busbedrywighede oral in Griekeland tot stilstand gebring terwyl duisende mense in die hoofstad, Athene, betoog het vir beter salarisse en lewenstandaarde. Werkers van die grootste private en staatsvakbonde het aan die betoging deelgeneem, wat gedeeltelik toegeskryf word aan Griekeland se skuldkrisis en hoë lewenskoste. Die grootste privaat sektorvakbond, […]

Read More

Mia sê oor ontrekking uit Mej. Heelal

Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, het die sluier gelig oor haar onttrekking aan die 73ste Mej. Heelal-kompetisie in Mexiko. Sy sê sy ly aan erge vertigo. Dis ‘n sensasie van in die rondte spin terwyl dit glad nie gebeur nie. Die 28-jarige het verlede Donderdag tydens die voorlopige kompetisie onttrek oor gesondheidsprobleme. In ‘n video […]

Read More

Uitspraak vandag verwag in Saoedi-saak teen Boulter 

Uitspraak in die saak van ’n Saoedi-Arabiese maatskappy en vyf Saoedi-beleggers teen die Britse sakeman en plaaseienaar Harvey Boulter word vandag verwag. Die maatskappy Tebrak Trading and Contracting vra vir ‘n bevel wat hulle in Dubai se hof gekry het, om plaaslik afgedwing te word. Daardie bevel handel oor net meer as 2,4 miljoen Britse […]

Read More

RedForce steeds ‘n doring in Okh se vlees 

Die skuldinvorderaar RedForce was al telkemale ‘n teiken van inwoners in verskeie munisipaliteite, met klagtes oor hul werkwyse en teenwoordigheid. In Okahandja wil inwoners steeds weet hoe RedForce in hul dorp aangestel is, wat bydra tot hul frustrasie oor onvoldoende openbare dienste en die dorpsraad wat hom blykbaar nie aan hulle behoeftes steur nie. Kosmos […]

Read More

Afpersing in SA-konstruksie kos miljarde 

Afpersers het tussen 2018 en 2022 meer as 287 bouprojekte ter waarde van 51,6-miljard Suid-Afrikaanse rand ontwrig. Kleiner kontrakteurs, wat nie oor hulpbronne beskik nie, is die swaarste getref, met die meeste voorvalle in Gauteng en KwaZulu-Natal. Die minister van Openbare Werke, Dean Macpherson, het tydens die Nasionale Boubedryfberaad in Durban verwys na die uitwerking […]

Read More

Boko Haram-vegters sneuwel na aanval 

Minstens 50 Boko Haram-vegters is dood en sewe lede van Nigerië se infrastruktuur-veiligheidsmag word vermis ná ‘n rebelle-lokval uitgevoer is op ‘n konvooi wat die land se kragnetwerkinstallasies monitor. Veiligheidsbeamptes is tydens die patrollie deur sowat 200 Boko Haram-vegters oorval. Volgens Reuters word daar na die vermistes gesoek. Boko Haram is hoofsaaklik in die noordooste […]

Read More

Theart sê kind se dood na slangbyt was onnodig

Die bekende slangkenner en navorser Francois Theart het sy misnoeë uitgespreek oor die dood van ‘n vier-jarige seun op Uis na hy in sy bed deur ‘n Kaapse kobra gepik is. Volgens Theart het hy in 2018 die parlement toegespreek oor die uitdagings maar hy sê dis duidelik dat die gesondheidsministerie geen belang het om […]

Read More