LAC-direkteur verduidelik nuwe egskeidingswet

In ‘n beduidende ontwikkeling in familiereg het Namibië die Wet op Ontbinding van Huwelike van 2024 ingestel, wat egskeidingsregulasies vir siviele huwelike hervorm. Hierdie nuwe wetgewing is ‘n verskuiwing na ‘n meer toeganklike regsproses vir egskeiding, in lyn met die grondwetlike reg op vryheid van assosiasie en die beginsel dat die huwelik gebaseer moet wees […]

Read More

Sensus: 40% van huishoudings het geen toegang tot toilette nie

Die Namibiese regering belowe reeds jare dat elke landsburger toegang sal hê tot toiletgeriewe. In die eerste Harambee-welvaartsplan het oudpresident Hage Geingob beloftes gemaak om die tekort teen 2017 uit te wis, wat weer herhaal en verleng is. Die jongste sensus-uitslae toon dat vordering uiters traag is. Teen 2020 het 47 persent van die bevolking […]

Read More

Henties se munisipale skuldvlakke uiters hoog

RedForce dagvaar die Hentiesbaai-munisipaliteit vir wat hy beskryf as kontrakbreuk. Hy sê hy is begin 2022 aangestel met die eerste agterstallige rekenings wat in Februarie aan hom oorhandig is. Hy is blykbaar in September en weer in Oktober vanjaar ingelig dat sy kontrak beëindig is. Die maatskappy poog om die besluit ter syde te stel. […]

Read More

LP’s se gedrag is ‘skandelik’

Reaksie stroom steeds in op die ongehoorde situasie dat die uiters belangrike middeltermyn begroting vir die tweede dag nie gelewer kon word nie, omdat daar weer nie ‘n kworum in die Nasionale Vergadering was nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Brian Black, die IPC se nasionale voorsitter, wat sê dit is ‘n skande en […]

Read More

Seremonie by Windhoek se Kindergedenkmuur op 8 Desember

Die Stad Windhoek nooi gesinne wat kinders onder 21 tussen 2023 en 2024 verloor het om hul name in te dien vir insluiting op die Kindergedenkmuur. Hierdie seremonie het in 2014 begin toe die skenking van die muur gemaak is deur ‘n gesin wat hul kind voor die ouderdom van 21 verloor het. Die seremonie […]

Read More

Amushelelo se lot in Imalwa se hande

Die aktivis Michael Amushelelo is vry op 1 000 Namibiese dollar se borg na hy homself aan owerhede oorhandig het. Dit kom na formele klagtes teen hom gebring is na hy bande brandgesteek het buite die arbeidsministerie se kantoor na ‘n werker by Zhongmei se konstruksie-perseel aan diens dood is. Die prokureur-generaal het nou die […]

Read More

Botswana stem vandag, BDP reeds 58 jaar aan bewind

Botswana stem vandag. Die regerende Botswana Demokratiese Party is reeds 58 jaar aan bewind en ontleders sê dat dit hierdie keer moeilik is om die uitslag van die algemene verkiesing te voorspel. Die land staar moeilike tye in die gesig ná ‘n afswaai in die vraag na diamante wat noodsaaklik is vir sy ekonomie. Die […]

Read More

BOSA gekant teen besnoeiings aan onderwys

Build One South Africa sê hy is gekant teen enige besnoeiing aan die onderwysbegroting en waarsku die regering om alternatiewe bronne vir befondsing te vind. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, lewer vandag sy mediumtermynbegroting in die Parlement. BOSA se president, Mmusi Maimane, sê hulle het talle bronne identifiseer van waar minstens 50 miljard Suid-Afrikaanse […]

Read More

Munster gee Rowntree die trekpas

Die Ierse klub Munster het die onmiddellike vertrek van hoofafrigter Graham Rowntree aangekondig. Die gewese voorspeler van Engeland en Leicester Tigers het die span gehelp om die Verenigde Rugbykampioenskapstitel in te palm in sy eerste seisoen in 2022/’23, maar hulle sukkel dié seisoen. Munster is tans twaalfde op die punteleer na slegs twee oorwinnings in […]

Read More

Gemengde uitslae vir Jeugdiens

Die Nasionale Jeugdiens het sedert sy ontstaan in 2005, 7 000 gegradueerdes opgelewer. In sy jongste finansiële verslag van 2023 het die instelling opgemerk dat hulle 418 jongmense ingeskryf het vir sy Nasionale Diensopleidingsprogram, om sy mandaat te vervul. Die diens het ook inkomste van 33,2 miljoen Namibiese dollar oor die oorsigtydperk gegenereer, terwyl ander […]

Read More