Shiimi sit bykomende droogtehulp, ander maatreëls uiteen
Finansminister Ipumbu Shiimi sê in sy middeltermyn-begrotingsoorsig dat 8,3 miljard Namibiese dollar se bykomende uitgaweversoeke ingedien is. Om fiskale volhoubaarheid te handhaaf, het die finansministerie 3,6 miljard dollar in die verkrygings-wysigingswetsontwerp goedgekeur. Dit sluit in 698,8 miljoen dollar vir droogtehulp onder die kantoor van die Eerste Minister, wat voedselverspreiding na 308 750 huishoudings tot 30 […]
Shiimi verleng belastingamnestieprogram met 2 jaar
Finansminister Ipumbu Shiimi sê in sy middeltermyn-begrotingsoorsig dat die belastingamnestieprogram, wat oorspronklik môre sou verstryk, met twee jaar tot 31 Oktober 2026 verleng is in reaksie op versoeke van verskeie sektore. Hierdie uitstel neem die finansiële impak van die Covid-pandemie op belastingbetalers in ag, met dieselfde verligtingsvoorwaardes. Rente en boetes sal ten volle kwytgeskeld word […]
Water vir Hardap-groenskema môre afgesny
Volgens NamWater se jongste dambulletin is die Hardapdam tans net 6,6 persent vol, met die dooiepunt vir onttrekking vir die groenskema op 5 persent. Daar is besluit dat water aan die groenskema môre afgesny sal word om water vir die dorp te reserveer. Water vir menslike gebruik kan nog met behulp van ‘n vlot onttrek […]
Coen Brand het diep landbou-spore getrap
Medeleye stroom in vir Coen Brand, die eerste uitvoerende hoof van Agra, wat na ‘n beroerte oorlede is. Volgens ‘n sosiale media plasing het Brand as lid van Swalu, nou die Namibiese Landbou-unie, namens georganiseerde kommersiële boere gepraat. Brand het die koöperatiewe sake van boere statutêr en as reusespeler in die landsekonomie gevestig onder die […]
Groei vanjaar 3,6%, volgende jaar 5,4%: Shiimi
Finansminister Ipumbu Shiimi kon uiteindelik die middeltermyn begroting in die Nasionale Vergadering ter tafel lê, nadat daar twee dae agtermekaar nie ‘n kworum was om dit te kon doen nie. Shiimi sê die tema van hierdie begroting is “Gee om vir die Namibiese kind” wat dr. Hage Geingob se nalatenskap voortsit, maar dit is in […]
Ministerie loods veldtog oor Waterhulpbronbestuur-wet
Die landbouministerie het sy bewusmakingsveldtog vir die Wet op Waterhulpbronbestuur 11 van 2013 in Windhoek vir die Khomas-streek van stapel gestuur. Die veldtog bevorder volhoubare waterbestuur en onderrig belanghebbendes oor hul regte, verantwoordelikhede en voldoeningsvereistes. Die wet het op 29 Augustus verlede jaar in werking getree, maar laat ‘n oorgangstydperk tot Februarie volgende jaar toe. […]
COPE vra vir verkiesingshervormings
COPE vra dat verkiesingshervormings ingestel word wat party-oorheersing verminder, ware demokrasie bevorder en ʼn regering in staat stel om beter op kiesers se behoeftes te reageer. Die party het sy voorstelle aan die raadgewende paneel vir verkiesingshervorming voorgelê. Die paneel se opdrag is om moontlike hervormings aan die kiesstelsel onafhanklik te ondersoek, daaroor te beraadslaag […]
Trump, Harris begin laaste veldtog-week
Donald Trump en Kamala Harris begin vandag die laaste week van die veldtog vir die Amerikaanse presidentskap met ʼn koorsagtige toer deur die swaaistate. Harris begin in Noord-Carolina en reis dan na Pennsilvanië, twee van sewe slagveldstate wat die wenner kan bepaal. Noord-Carolina het sedert Barack Obama in 2008 nog nie weer vir ‘n Demokratiese […]
Stembriewe veilig by Verkiesingskommissie afgelewer
Die Verkiesingskommissie van Namibië het 3,2 miljoen stembriewe vir die komende verkiesing ontvang. Die stembriewe is van Johannesburg na Windhoek vervoer aan boord van twee Boeing 737-vliegtuie wat by Hosea Kutako Internasionale Lughawe aangekom het. Verteenwoordigers van 18 politieke partye was teenwoordig om toesig te hou oor die drukproses, om deursigtigheid en nakoming van verkiesingstandaarde […]
Onstellende toename in hut-bewoners, wys sensus
‘n Verstommende 40,2 persent van Namibië se stedelike bevolking het verlede jaar in informele wonings, of hutte gewoon, teenoor 27,2 persent in 2011. Dit is volgens die hoof-sensusverslag wat deur statistikus-generaal Alex Shimuafeni bekendgestel is. Altesaam 488 000 Namibiërs ontvang een of ander vorm van toelae, terwyl 177 000 uit 206 000, of 86 persent, […]