Enoch belowe klimaatsbefondsing 

Die buurland se regering beplan om vanaf aanstaande jaar voorrang te gee aan klimaatsveerkragtigheid en gereedheid vir rampe, om gemeenskappe en infrastruktuur te beskerm teen die groeiende impak van klimaatsverandering. Sleutelinisiatiewe sluit in die bou van meer volhoubare infrastruktuur, die verbetering van vroeë waarskuwingstelsels, en die verbetering van noodreaksievermoëns. Die finansminister, Enoch Godongwana, het in […]

Read More

Sindikaat wat in migrante handel, vasgetrek in Bosnië 

Bosnië se polisie het agt mense in hegtenis geneem in verband met ‘n mensehandel-sindikaat wat minstens 1 400 onwettige migrante na Italië gesmokkel het. Die migrante kom van Pakistan, Afganistan, Indië, Eritreë en China. Die agt is in verskeie dorpe in die land aangekeer tydens ‘n optrede wat uitgevoer is in samewerking met Europol en […]

Read More

Air Namibia-werkers wag steeds vir uitbetaling 

Voormalige werknemers van Air Namibia hou vandag om halftien ‘n vreedsame betoging by die kantore van die likwidateurs, Bruni en McLaren by Hidas-sentrum in Klein Windhoek. Hulle het steeds nie hulle volle skeidingspakkette ontvang nie, ondanks ‘n hoërhof-uitspraak in hul guns. Die betoging kom na die likwidateurs wat appèl by die Hooggeregshof aangeteken het. Dit […]

Read More

Hardap-produsente reageer… sal probeer werkers aanhou

Water uit die Hardapdam vir die besproeiingskema word vandag afgesny – die eerste keer sedert sy voltooiing in 1963. Die dam is uiters leeg en het net 6,6 persent waterbronne oor. Die dooiepunt vir onttrekking vir die groenskema is 5 persent, want water moet vir menslike gebruik gereserveer word. Reaksie is ontvang van een van […]

Read More

Amupanda was toe reg – werkloosheidsyfers is nie gedeel nie

Die 2023 Bevolking- en Behuisingsensus Hoofverslag is deur die Namibië Statistieke Agentskap vrygestel, maar sonder die indiensneming- en werkloosheidsyfers. Die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda het vroeër beweer die regering het opdrag gegee om hierdie data terug te hou tot na die verkiesing, omdat die werkloosheidsyfer glo tot meer as 50 persent gestyg […]

Read More

Hengari onbeïndruk met begroting

Finansminister Ipumbu Shiimi het die middeltermyn begroting in die Nasionale Vergadering ter tafel lê, nadat daar twee dae agtermekaar nie ‘n kworum was nie. Daar was uitdagings met die voltooiing van talle projekte en natuurlik, die droogte. Die PDM-parlementslid Inna Hengari het die party se reaksie op die begroting voorgelees, wat die regering se gebrek […]

Read More

Engelse stut Marler beskryf haka as belaglik, sê All Blacks moet eerder los

Die Engelse stut Joe Marler het hom die argwaan van All Blacks-ondersteuners op die hals gehaal deur te vra dat die geskiedkundige Haka laat vaar moet word. Engeland speel Saterdag op Twickenham teen Nieu-Seeland. Marler beskryf die tradisionele Maori-oorlogsdans wat uit 1905 terugdateer as belaglik, en meen dit dien net ‘n doel wanneer spanne daarop […]

Read More

Unam, NSFAF, Psemas kry geld

Volgens die middeltermyn begrotingsverslag is 2,4 miljard Namibiese dollar toegewys aan subsidies en oordragte aan regeringsorganisasies, insluitend 500 miljoen dollar vir die Staatsdienswerknemers Mediese Hulpskema en 386 miljoen dollar vir Unam se bedryfsuitgawes. Onder andere kry die Namibië Studente Finansiële Bystandsfonds 88 miljoen dollar. Finansminister Ipumbu Shiimi sê geen bykomende toekennings sal aan die ontwikkelingsbegroting […]

Read More

Oos-Kaapse hoofman se skoonma vermoor

Die polisie in die Oos-Kaap veroordeel gewelddadige aanvalle in die Bityi administratiewe gebied in Mthatha. Gemaskerde aanvallers het ‘n skoonma van Hoofman Mtirara vermoor, terwyl vyf leerders met ‘n vuurwapena angehou was en verkrag en beroof is. Die polisiewoordvoerder, Siphokazi Mawisa, het bevestig die polisie het hulpbronne gemobiliseer om verdagtes wat by albei aanvalle betrokke […]

Read More

Verwoestende vloede in Spanje

Minstens 95 mense is dood in die dodelikste vloede in Spanje in drie dekades, nadat stortreën die oostelike streek van Valencia getref en brûe en geboue weggevee het. Meteoroloë sê dat ‘n jaar se reën binne agt uur in dele van Valencia geval het, wat ophopings op hoofweë en landerye onder water gelaat het. Inwoners […]

Read More