
Unam-student lê glo klag teen Amushelelo - September 16, 2024
Prokureur Kadhila Amoomo het die arrestasie van sy kliënt, LPM-lid Michael Amushelelo, by die Universiteit van Namibië bevestig. Amushelelo was op die toneel tydens ‘n betoging van die LPM se jeugliga, wat die universiteit se ingange versper het. Volgens plaaslike media is ‘n klag van opsetlike beskadiging van eiendom deur ‘n Unam-student teen Amushelelo aanhangig […]
BRICS Besigheidsraad wil groei deur vennootskappe bevorder - September 16, 2024
Die BRICS Besigheidsraad het sy vordering in 2024 gedeel, en lig werk uit in sleutelsektore soos agri-sake, lugvaart en die digitale ekonomie. Die insluiting van Egipte, Ethiopië, Iran en die Verenigde Arabiese Emirate in die BRICS Plus-alliansie het nuwe geleenthede en uitdagings meegebring. Werksgroepe het handelsversperrings, verbeterde lug-verbindings en digitale insluiting aangespreek. Die raad beoog […]
Protea-vroue in Pakistan vir T20-reeks - September 16, 2024
Krieket: Die Protea-vroue speel tans teen Pakistan in Multan, in die eerste van drie T20-wedstryde. Die reeks dien as belangrike voorbereiding vir volgende maand se T20 Wêreldbeker-toernooi in die Verenigde Arabiese Emirate, waar Suid-Afrika saam met die Wes-Indiese Eilande, Engeland, Skotland en Bangladesj in ‘n groep is. Suid-Afrika het 132 vir vier in hul 20 […]
Mbumba op pad na New York vir VN algemene vergadering, beraad - September 16, 2024
President Nangolo Mbumba sal vanaand na New York in Amerika vertrek om die 79ste sitting van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering by te woon. Wêreldleiers sal ook op 22 en 23 September by die Verenigde Nasies vergader om die VN se Beraad van die Toekoms aan te neem, wat ‘n Globale Digitale Kompak en […]
Pelican Point-walvis lyk siek, sal waarskynlik sterf - September 16, 2024
‘n Vinwalvis het tydens laagwater by Pelican Point in Walvisbaai gestrand. Naude Dreyer, die mariene bioloog van Ocean Conservation Namibia, sê hierdie soort voorval vind gereeld plaas. Lede van die publiek probeer hulp vir die walvis mobiliseer maar daar is min wat gedoen kan word om dit te red. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met […]
Metaaldiefstal ‘n swaar las vir Kaapstad - September 16, 2024
Die Stad Kaapstad se eenheid teen metaaldiefstal het die afgelope jaar op meer as 1 800-kilogram metaal en 54-kilometer gesteelde kabel beslag gelê. Van Junie verlede jaar tot Junie vanjaar is 2 892 brandpunte gepatrolleer, en 143 mense in hegtenis geneem. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê metaaldiefstal is ingesluit in sy […]
Wallabies-flank verwar gebreekte hand met ligamentprobleem - September 16, 2024
Rugby: Fraser McReight van Australië herstel na ʼn operasie nadat hy in die toetse in Julie met ʼn gebreekte hand gespeel het. Volgens die flank was hy onder die indruk dis ʼn ligamentprobleem maar was onbewus sy hand is gebreek. Hy is egter slaggereed vir Saterdag se wedstryd in die Rugbykampioenskap teen Nieu-Seeland in Sydney. […]
Dis tyd vir die Rehoboth-skou! - September 16, 2024
Die Rehoboth-skou word van Donderdag tot Saterdag gehou, met vuurwerke en verskeie aktiwiteite vir die hele gesin. Toegangsfooie is 30 dollar vir volwassenes en 20 dollar vir kinders. Die geleentheid sal lewendige musiek, ‘n biertuin, gesinspret, en ‘n veiling Saterdagoggend om 11-uur insluit. Vee sal ten toon gestel word en kosverkopers, geborg deur verskeie plaaslike […]
Nasionale presisie-skietspan blink uit by Wêreldkampioenskap - September 16, 2024
Die nasionale skietspan van die Namibië Presisiegeweervereniging, Napra, neem aan die Presisiegeweer Wêreldkampioenskap deel in Colorado in Amerika. Die kompetisie eindig môre. Span Namibië bestaan uit Dirk Sauber, Michael Barlow, Janus van der Merwe, Keiran Mans, Liebies Liebenberg en Francois Marais. Hulle neem almal in die Ope-afdeling deel. By die vorige wêreldkampioenskap twee jaar gelede […]
Wysigings aan Belastingwet in Gazette gepubliseer, is nou wet - September 16, 2024
Die belastingwysigings is in die Staatskoerant gepubliseer en is nou wet. Die nuwe belastingkoerse is terugwerkend effektief vanaf 1 Maart vanjaar. Die eerste 100 000 Namibiese dollar van individuele belastingbetalers se inkomste is nou belastingvry. Waar die belasbare inkomste tussen 100 000 en 150 000 dollar beloop, is 18 persent belasting betaalbaar op die bedrag […]