Manifeste sien gestremdes oor die hoof: Sheehama - October 13, 2024

Namibiërs met gestremdhede word deur politieke partye en hul manifeste oor die hoof gesien, ten spyte van hul beduidende bydraes tot die samelewing. Hierdie uitsluiting lei tot gevoelens van marginalisering en diskriminasie binne die gemeenskap. Dit is die mening van die bekende ekonoom, Josef Sheehama, wat gestremd gelaat is na ‘n ongeluk op 12-jarige ouderdom. […]

Read More

AfriForum sê polisie moet hulself regruk - October 13, 2024

AfriForum vra die polisie om aandag te gee aan die onbetroubaarheid van hulle misdaadstatistieke en ook aan dienslewering by polisiekantore. Die woordvoerder van AfriForum, Jacques Broodryk, sê die ouditeur-generaal het in haar verslag verskeie gevolge uitgelig van onbetroubare misdaadstatistieke. Dit sluit in onakkuraatheid en onvolledige insameling van aanklagte en slagoffers se besonderhede, wat afbreuk doen […]

Read More

Internasionale lasbrief uitgereik vir oud-Aus rugbyster - October 13, 2024

’n Internasionale lasbrief vir inhegtenisname is uitgereik vir die Australiese oud-rugbyster Rocky Elsom ná ’n skuldigbevinding aan verduistering in Frankryk. Die voormalige kaptein van Australië se nasionale span was president van RC Narbonne, een van die land se mees gesogte klubs, in 2015 en 2016. Die Franse hof het Elsom skuldig bevind aan die misbruik […]

Read More

Wêreld nr. 1 Sinner, Djokovic in Sjanghai Meesters-eindstryd - October 13, 2024

Tennis: Wêreld nommer een Jannik Sinner het ‘n jaareinde ATP nommer 1-posisie ingepalm deur die eindstryd van die Sjanghai Masters te bereik wat tans in die Chinese stad gespeel word. Die 23-jarige Italianer is die wenner van beide die Australiese Ope en Amerikaanse Ope en het drie van sy laaste vier kragmetings teen Djokovic gewen. […]

Read More

UDF stel manifes vry, beloof verandering - October 13, 2024

Verkiesingkoors laai op en verskeie politieke partye het die naweek byeenkomste gehou. Die United Democratic Front het sy manifes in Otjiwarongo vrygestel. UDF president Hendrik Gaobaeb het verklaar dat die winde van verandering waai en sy party is gereed om transformasie na die land te bring deur sleutel-maatskaplike uitdagings aan te spreek. Hy belowe waardige […]

Read More

Mboweni altyd oop vir sterk, eerlike gesprekke: EFF - October 13, 2024

Die EFF sê hy sluit hom aan by die nasie in rou oor die verlies van die voormalige Reserwebank-president, en minister van Arbeid en Finansies Tito Mboweni. Die woordvoerder van die EFF, Leigh-Ann Mathys, sê hoewel hulle soms nie saamgestem het met die voormalige minister oor beleidskwessies nie, en verskil het van sy neo-liberale en […]

Read More

Israel beveel ontruiming van nog dorpe in suid-Libanon - October 13, 2024

Die Israelse weermag het inwoners van 22 dorpies in die suide van Libanon Saterdag beveel om gebiede noord van die Awali-rivier, wat vloei van die westelike Bekaa-vallei na die Middelandse See, te ontruim. Die opdrag in ‘n militêre verklaring, noem dorpies in die suide van Libanon wat onlangs die teikens was van Iraelse aanvalle, waarvan […]

Read More

Gemengde resultate vir SA se VRK-spanne - October 13, 2024

Rugby: Die Bulle het gisteraand hulle onoorwonne rekord in hierdie jaar se Verenigde Rugby Kampioenskap behou met ‘n oorwinning van 29-19 oor Ospreys in Swansea. Die Bulle het vroeg oorheers en vier drieë gedruk vir ‘n bonuspunt, maar toe begin sukkel toe swak disspline hulle tot 13 spelers beperk het. In die ander twee wegwedstryde […]

Read More

Rhino Resources mag boor, bring ekonomiese inspuiting - October 13, 2024

Die omgewingsministerie het Rhino Resources Namibia se omgewingsklaringsertifikaat goedgekeur om 10 eksplorasieboorgate aflandig Namibië se suidkus te boor. Die boorprogram sal na raming 1,8 miljard Namibiese dollar tot die plaaslike ekonomie bydra. Boorwerk sal in lisensieblok 2914A in PEL 85 plaasvind en sal na verwagting in die vierde kwartaal van vanjaar begin. Verwante eksplorasieaktiwiteite sluit […]

Read More

Keetmans lê reëls neer vir straatpaaladvertensies - October 13, 2024

Die Keetmanshoop-munisipaliteit het die regulasies vir straatpaaladvertensies deur politieke partye vrygestel. Die raad doen ‘n beroep op alle politieke partye om by die riglyne te hou om ernstige gevolge te vermy. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Monica Imene, die munisipaliteit se skakelbeampte, wat meer inligting gee.

Read More