
Ondersteun ISAP, koop ‘n kalender, kry ‘n boom - October 17, 2024
Die Intelligence Support Against Poaching, of ISAP, se 2025-kalenders is nou beskikbaar teen slegs 250 Namibiese dollar elk. Alle fondse van verkope sal gebruik word om teen-stropery-inisiatiewe by te staan. Boonop kry jy met elke aankoop ‘n gratis kameeldoringboompie om te plant. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Fritz Kaufmann, die uitvoerende hoof van ISAP, […]
Swartrenosters loop deur in Etosha - October 17, 2024
Plaaslike berigte lui dat sedert Januarie is 46 renosters in Etosha Nasionale Park gestroop waarvan 35 swartrenosters is. Die omgewingsminister Pohamba Shifeta sê arrestasies in verband met wildmisdaad het gedaal met 143 wat verlede jaar in verband met olifant- en renosterstropery gearresteer is teenoor 91 vanjaar. Arrestasies in verband met handel in ietermagô’s het ook […]
Nudo sê daar’s te veel presidensiële kandidate - October 17, 2024
Die National Unity Democratic Organisation, Nudo, het nie ‘n kandidaat vir die presidensiële verkiesing genomineer nie. Sekretaris-generaal Josef Kauandenge het daarop gewys dat, ten spyte van die party se interne uitdagings, die hoë aantal presidentskandidate onprakties is vir ‘n land met so ‘n klein bevolking. Daar is 18 kandidate wat om die presidentskap sal meeding, […]
Reddingsboeie kos SA-burgers R456 miljard - October 17, 2024
Nasionale Tesourie het onthul reddingsboeie aan kontant-arm staatsondernemings het belastingbetalers die afgelope nege boekjare 456,5 miljard Suid-Afrikaanse rand gekos. Dit sal na verwagting teen einde Maart volgende jaar tot 520,6 miljard rand styg. Eskom het die grootste deel ontvang en sy reddingsboeie sal aan die einde van hierdie boekjaar altesaam 496 miljard rand beloop. Die […]
Prada help met ontwerp van ruimtepakke - October 17, 2024
Die Italiaanse modehuis Prada en die nuwe Amerikaanse ruimtevaartmaatskappy Axiom Space het die ruimtepakke onthul vir NASA se komende Artemis 3-sending, wat sy eerste bemande reis na die maan sal wees sedert Apollo 17 in 1972. Die ontwerp van die nuwe ruimtepak verbeter beweeglikheid, kan ‘n ruimtewandeling van agt uur hanteer en sal twee ure […]
Oorlopery is bewys dat politici nie wil dien nie - October 17, 2024
Die aktivis Michael Amushelelo het hom weer by die Namibia Economic Freedom Fighters aangesluit na hy oorgeloop het van die Landless People’s Movement, waarby hy op 11 Julie vanjaar aangesluit het. Amushelelo, voorheen ook ‘n lid van die Landless People’s Movement, het die NEFF verlaat toe die party deur die Verkiesingskommissie gederegistreer is. Die party […]
Boete van R216m teen Coenie Botha ter syde gestel - October 17, 2024
Die Finansiële Sektor se Gedragsowerheid in Suid-Afrika het ‘n boete van 216 miljoen Suid-Afrikaanse rand en ‘n tien-jaar uitsluiting teen kripto-handelaar Coenie Botha opgehef. Botha besit CBI X SA en is die stigter van die CBI-vereniging. ‘n Ondersoek is teen hom ingestel nadat hy fondse van die publiek ontvang het en opbrengste van 1 tot […]
Etosha se paaie sal aandag kry, belowe… - October 17, 2024
Toerisme-operateurs en besoekers aan Etosha Nasionale Park het kommer uitgespreek oor die slegte toestand van die park se grondpaaie, met verwysing na kwessies soos band-lekke en skade aan uitlaatspruitstukke. Frustrasie neem toe onder diegene wat Namibië se vlagskippark besoek weens die uitdagings wat die verslegtende paaie inhou. In reaksie hierop het Teofilus Nghitila, die uitvoerende […]
Mbappé geskok oor ondersoek na verkragting - October 17, 2024
Die Franse sokkerkaptein, Kylian Mbappé, is “uit die veld geslaan” toe hy sien sy naam word verbind met ʼn verkragtingondersoek in Swede. Sweedse owerhede het bevestig ʼn senior aanklaer ondersoek ʼn verslag oor vermoedelike verkragting in Stockholm sonder om ʼn naam met die saak te verbind. Sweedse media berig egter Mbappé word met die beweerde […]
Honger Omaheke herdenk Wêreldvoedseldag - October 17, 2024
Die landbouministerie, in samewerking met die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie en die Omaheke-streeksraad, het Wêreldvoedseldag in Gobabis herdenk. Vanjaar se fokus is op wêreldwye pogings om honger en wanvoeding te bekamp, wat die belangrikheid beklemtoon van toegang tot voedsame en veilige voedsel vir almal, veral kwesbare bevolkings. In die Omaheke-streek is ongeveer 800 mense […]