
Oshikoto het 528 onbruikbare ‘klaskamers’ - October 14, 2024
Die onderwysdirektoraat in Oshikoto sê 528 klaskamers nie aanvaarbaar is vir opvoeding nie. Die infrastruktuur sluit in tente, sink strukture en meer. Die direkteur Tomas Kalimbo sê die strukture sal almal vervang moet word om te verseker dat die streek se prestasie verbeter. In sy mening kan die regering nie alleen die uitdaging aanspreek nie […]
Valke vorder goed met hoëprofiel-sake - October 14, 2024
Die hoof van die Valke Godfrey Lebeya sê die wetstoepassingsagentskap maak aansienlike vordering met die inhegtenisneming van indiwidue wat betrokke is by hoëprofiel-sake, en verseker daarmee aanspreeklikheid en geregtigheid vir slagoffers. Lebeya het die media ingelig oor die vordering in hoëprofiel sake en suksesse wat behaal is. Hy sê die arrestasies teiken mense betrokke by […]
Biden lê besoek af in Florida - October 14, 2024
President Joe Biden is in Florida om homself in te lig nie net oor die skade na die twee orkane Helene en Milton die deelstaat getref het nie maar, ook om toe te sien dat hulp verskaf word. Die skade word op tot 100 miljard Amerikaanse dollar beraam. Hy het met die media gepraat.
The Wild Robot loop voor - October 14, 2024
Universal en DreamWorks Animation se fliek The Wild Robot, is bo-aan die internasionale loket, en het tot dusver meer as 2,58 miljard Namibiese dollar laat inrol. Die rolprent is gebaseer op die kinderboeke van Peter Brown en die ster-stemkunstenaars sluit in Lupita Nyong’o, Pedro Pascal, Kit Connor en Bill Nighy. Ander flieks wat tans die […]
Pasgebore babaseun in Swakop-asdrom gevind - October 14, 2024
Die polisie op Swakopmund het ‘n ondersoek gelas na die liggaam van ‘n pasgebore babaseun in ‘n asdrom in Van Neelstraat in Tamariskia gevind is. ‘n Man wat opsoek was na skrootmetaal het die vonds gemaak. Die kind was in ‘n bebloede polonektrui toegedraai en in ‘n plastieksak geplaas. Die baba was volgens die mag, […]
Mbumba sluit weeklange Europese besoek af - October 14, 2024
President Nangolo Mbumba het sy besoek aan Duitsland en Spanje afgesluit en is terug in die land. Hy het in Hamburg die Volhoubaarheidskonferensie bygewoon waar hy globale finansiële hervormings met die Duitse kanselier Olaf Scholz bespreek het. In Berlyn het hy samesprekings met president Frank-Walter Steinmeier en kanselier Scholz gevoer en bilaterale kwessies soos Namibië […]
Spanning tussen Israel, VN bou - October 14, 2024
Die Verenigde Nasies se vredesmagte in Libanon sê die Israelse weermag het in stryd met internasionale reg een van sy posisies in Suid-Libanon binnegedring. Twee Israelse tenks het die hoofhek van ‘n basis van die VN se tussentydse mag in die suide vernietig. Die afgelope paar dae is vyf VN-vredesmaglede beseer. Die Israelse premier, Benjamin […]
Keniaanse atlete oorheers Chicago Marathon - October 14, 2024
Ruth Chepngetich van Kenia het die vroue-wêreldrekord met byna twee minute verbeter by die Chicago Marathon. Die 30-jarige het ‘n tyd van twee-uur-nege-minute-en-57-sekondes aangeteken en Ethiopië se Tigst Assefa se vorige rekord oortref, wat verlede jaar in Berlyn opgestel is. Chepngetich, wat ook in 2021 en 2022 gewen het, is die eerste vrou wat deur […]
Duitsland gee baie, maar nie direk aan die gemeenskappe nie - October 14, 2024
Volgens die Namibië Beplanningskommissie beloop Duitsland se amptelike ontwikkelingshulp aan Namibië sedert onafhanklikheid tot 2023 sowat 32 miljard Namibiese dollar. In per capita terme is Namibië dus die grootste ontvanger van Duitse ontwikkelingsamewerking in Afrika. Duitsland is ook steeds in samesprekings met Namibië oor volksmoord-reparasies vir die slagoffers, die Ovaherero- en Nama-gemeenskappe. Sommige lede van […]
Nog ‘n kind sterf na spaza-winkel besoek - October 14, 2024
Die LUR vir Onderwys in Gauteng Matome Chiloane betreur die dood van ‘n graad een-seun van die Karabo Primary School in Naledi, Soweto, wat in die waakeenheid herstel het na die tragiese vermeende voedselvergiftiging wat die lewens van vyf leerders van drie verskillende skole geëis het. Die woordvoerder van die departement, Steve Mabona sê die […]