Alternatiewe roetes na Oranjemund lyk so - May 8, 2025

Die MR118 tussen Rosh Pinah en Oranjemund is amptelik gesluit. Die Paaie-owerheid vra bestuurders om die Namdebpad via Aus en Lüderitz te gebruik maar maan die roete is net tussen sewe-uur soggens en drie-uur namiddag oop en net ligte afleweringsvoertuie word toegelaat, geen sedan- of ligte voertuie. Die publiek kan ook via Noordoewer na Suid-Afrika […]

Read More

Wêreld herdenk 80 jaar sedert einde van WWII - May 8, 2025

Die Tweede Wêreldoorlog het vandag 80 jaar gelede in 1945 geëindig na ses jaar van wêreldwye konflik wat meer as 30 lande betrek het. Die oorlog het geëindig met die onvoorwaardelike oorgawe van Nazi-Duitsland op 8 Mei 1945, bekend as VE-dag (Oorwinning in Europa-dag), gevolg deur Japan se oorgawe op 15 Augustus 1945, na die […]

Read More

NNN besoek Angola oor landbou, olie en gas - May 8, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah vertrek vandag na Angola vir haar eerste amptelike buitelandse besoek sedert haar inhuldiging. Sy sal Angolese president João Lourenço ontmoet om sterker samewerking te bevorder in landbou en die olie- en gassektor. Dit sal ook die geleentheid bied om bilaterale- en handelsbande tussen die twee lande te versterk. Presidensiële woordvoerder Alfredo Hengari […]

Read More

Besluit oor Mashatile se blouligbeamptes skerp veroordeel - May 8, 2025

Die parlementêre portefeuljekomitee oor die Polisie het die polisiebestuur gekritiseer oor die onskuldigbevinding van agt BBP-lyfwagte van adjunkpresident Paul Mashatile na die N1-hoofweg-aanranding in 2023. Die beamptes, wat 12 strafregtelike aanklagte, insluitend aanranding, in die gesig staar, is elk op borgtog van 10 000 Suid-Afrikaanse rand vrygelaat. Die komitee se voorsitter, Ian Cameron, het aan […]

Read More

Spanning bou tussen Indië en Pakistan - May 8, 2025

Spanning laai op tussen die kernmoondhede Indië en naburige Pakistan, na Indië missielaanvalle op Pakistan en Pakistan-geadministreerde Kasjmir geloods het. Dit was na ‘n terroriste-aanval op toeriste in Indies-geadministreerde Kasjmir. Volgens ‘n Pakistanse militêre woordvoerder is minstens 31 burgerlikes dood en 46 gewond. Pakistanse premier Shehbaz Sharif het op die staatsuitsaaier PTV gesê Indië sal […]

Read More

Kardinale sal vandag verder stem, swart rook gister - May 8, 2025

Die kardinale wat in die Sistynse kapel in die Vatikaan vergader om ‘n nuwe pous te verkies sal vandag ‘n tweede keer stem. Swart rook het na die eerste stemproses by die skoorsteen uitgeborrel, wat aandui dat ‘n nuwe hoof van die Katolieke Kerk nog nie verkies was nie. Die kardinale het voordat die kapel […]

Read More

Maak so om ekonomiese druk, skuld te hanteer - May 7, 2025

Privaatsektor kredietverlening het gestyg tot 5 persent in Maart, op van 3,9 persent in Februarie. Ontleders meen die styging is aangedryf deur groei in korporatiewe lenings terwyl huishoudelike skuld ook effe gestyg het en sê dit wil voorkom asof aptyt vir krediet stadig herstel. Kosmos 94.1 Nuus het met Arney Tjaronda, beleggingsontleder by die Sisedi […]

Read More

Laer SA brandstofprys net die ding vir boere: ekonoom - May 7, 2025

‘n Senior landbou-ekonoom van FNB, Paul Makube, sê die jongste brandstofprysverlaging het op die regte tyd gekom te midde van verhoogde landbou-bedrywighede. Die petrolprys het om middernag met 22-sent-per-liter gedaal, terwyl die twee grade diesel nou onderskeidelik 42- en 41-sent per liter goedkoper is. Dit volg op ‘n daling in internasionale oliepryse as gevolg van […]

Read More

China sal ‘geregtigheid’ verdedig in VSA-gesprekke - May 7, 2025

China het belowe om “geregtigheid” te verdedig tydens die komende handelsgesprekke met die Verenigde State. Dit is die eerste ontmoeting sedert Donald Trump omvattende tariewe aangekondig het wat wêreldmarkte geskud het. Sedert Trump in Januarie na die Withuis teruggekeer het, het hy tariewe van altesaam 145-persent op goedere uit China ingestel. Beijing het op sy […]

Read More

Pant moet begin uithaal en wys in IPL - May 7, 2025

Krieket: Die druk neem toe op Rishabh Pant, vir wie Lucknow Super Giants ‘n rekord-bedrag van 59-miljoen Namibiese dollar betaal het in die Indiese Premierliga. Die span het dringend nodig dat sy kaptein sy briljante kolfvertoning herwin sodat hulle nog die uitspeelrondes kan haal. Die paaltjiewagter kon in die eerste tien wedstryde slegs 128 lopies […]

Read More