NNN besoek Angola oor landbou, olie en gasMay 8, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah vertrek vandag na Angola vir haar eerste amptelike buitelandse besoek sedert haar inhuldiging. Sy sal Angolese president João Lourenço ontmoet om sterker samewerking te bevorder in landbou en die olie- en gassektor. Dit sal ook die geleentheid bied om bilaterale- en handelsbande tussen die twee lande te versterk. Presidensiële woordvoerder Alfredo Hengari sê die besoek beklemtoon die lande se jarelange bande van vriendskap, solidariteit en samewerking, gewortel in gedeelde geskiedenis, streekseenheid en wedersydse sosio-ekonomiese belange. Nandi-Ndaitwah is geskeduleer om môre terug te keer.