Alternatiewe roetes na Oranjemund lyk soMay 8, 2025
Die MR118 tussen Rosh Pinah en Oranjemund is amptelik gesluit. Die Paaie-owerheid vra bestuurders om die Namdebpad via Aus en Lüderitz te gebruik maar maan die roete is net tussen sewe-uur soggens en drie-uur namiddag oop en net ligte afleweringsvoertuie word toegelaat, geen sedan- of ligte voertuie. Die publiek kan ook via Noordoewer na Suid-Afrika en deur Port Nolloth en Alexanderbaai toegang kry deur die Oppenheimerbrug te benut om Oranjemund te bereik. Die vlakke van die Oranje is baie hoog en meer as 6 meter is by Blouputs en Sendelingsdrif aangeteken.