Vredesmagte moet dringend in DRK ontplooi wordMay 29, 2025

Suid-Afrika se minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, sê die vredes- en sekerheidsraamwerk moet dringend in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo ingestel word. Hy het die 12de hoëvlakvergadering van die streeksoorsig-meganisme vir die vrede-, sekerheid- en samewerkingsraamwerk in Kampala, Uganda bygewoon. Lamola sê die beraad het ook die huidige dodelike konflik in Soedan en die kommerwekkende politieke situasie in Suid-Soedan bespreek en vra dat vyandelikhede dadelik gestaak word: