Jong mans kan ook beradingsnoodlyn bel

‘n Beradings-noodlyn is in Namibië gestig om meisies en vroue in nood regoor die land te help. Volgens ‘n mediaverklaring van die Blessed Is She-projek sal die noodlyn vertroulike telefoniese berading aan meisies en vroue 24 uur per dag verskaf. Dit is die inisiatief van die nie-regeringsorganisasie Change of Life Style, wat mentorprogramme aanbied. Volgens ‘n berader, Ember Scheepers, is die Blessed is She-projek, vir jong vroue gestig om hul eie identiteit te vind. Beraders sal traumaberading verskaf en mense vir verdere hulp verwys. Scheepers het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê jong mans is ook welkom om hulle te kontak.