Afrobarometer 2021 vir Namibië kommerwekkend

Die nuwe Afrobarometer van 2021 se kommerwekkende resultate vir Namibië wys groot hoeveelhede Namibiërs ervaar weens die Covid-19-pandemie altyd of dikwels ‘n skaarsheid aan kontant, skoon water, kos en gesondheidsorg. Afrobarometer het telefonies aan Namibiërs gevra hoe dikwels hulle sonder kontant, skoon water, kos, medisyne en gesondheidsorg was. Altesaam 23 persent het geantwoord hulle was altyd of baie kere sonder kontant, 18 persent was sonder skoon water, nege persent sonder kos en sewe persent sonder medisyne of gesondheidsorg. Die Namibiese ombudsman se kinderad-vokaat Ingrid Husselman gee haar mening aan Kosmos 94.1 Nuus.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *