Job wil sy rooilyn-saak bemiddel

Job Amupanda se rooilyn-saak het vasgeval in interlokus-aansoeke en ‘n draai in die hooggeregshof. Die saak kom vanoggend voor regter Shafimana Uietele voor vir ‘n status verhoor. Amupanda het in sy status-opdatering te kenne gegee dat hy die hof sal vra vir ‘n datum om sy aansoek vir ‘n koste-beskermingsbevel. Hy vra ook dat die saak weer gaan vir bemiddeling. Hy eis dat die rooilyn verwyder word en beskryf dit as rassisties. Daar is vyf respondente wat die landbouminister verskeie ander rolspelers in die landboubedryf insluit.