ANC vra landsburgers om mekaar met respek te behandel

Die ANC-regering het in die lig van die naderende verkiesing ‘n dringende beroep op burgers gedoen om mekaar met respek te behandel. Die verkiesing vind op 29 Mei plaas. Die regering waarsku dat individue wat dreigboodskappe op sosiale media en digitale platforms stuur, geweld aanhits of skade aanrig strafregtelik vervolg sal word ingevolge die Wet op Kubermisdaad. Hy sê ook die Verkiesingskommissie is gereed om ‘n vry en regverdige verkiesing aan te bied.