Biden sit met tameletjie oor Iran

Iran se aanval op Israel sal waarskynlik nie aanleiding gee tot verdere sanksies teen die land se olieverkope nie, hoofsaaklik weens kommer oor die verhoging van oliepryse en die woede van Iran se top-koper China. Die is volgens Amerikaanse ontleders. Berigte uit die VSA lui dat president Joe Biden onder skoot kom hiervoor, veral van Republikeine wat meen hy moet stappe neem. Die politieke druk om Iran te straf, skep ‘n netelige probleem vir die Biden-administrasie: Hoe om sulke aanvalle in die toekoms af te weer sonder om streekspanning te eskaleer, oliepryse te verhoog of China, die grootste koper van Iranse olie, te irriteer.