Jeugwerkloosheid moet SPYL se kernbespreking wees – Amutenya

Die sentrale komiteelid van Swapo se jeugliga Willem Amutenya, het die jeugliga se sekretaris, Ephraim Nekongo, gevra om ‘n dringende spesiale sentrale komiteevergadering te belê om hoë jeugwerkloosheid in die land te bespreek. Dit volg na die week se chaos met Michael Amushelelo se beplande optog daarteen on Onafhanklikheidsdag wat gelei het tot sy, en Dimbulukeni Nauyoma en PDM-parlementslid Inna Hengari, se arrestasie. Plaaslike media berig dat Amutenya, in sy skrywe aan Nekongo, meen dat jeugwerkloosheid die liga se kernbespreking moet wees. Meer as 40 persent van Namibië se jeug is werkloos. Amutenya het melding gemaak van die beplande betoging en sê die liga se programme en politieke sienings moet aangepas word om hierop te reageer.