Anglikaanse aartsbiskop kritiseer Uganda se gay-wette

Die Anglikaanse aartsbiskop in Suid-Afrika, Thabo Makgoba, het ‘n beroep op President Yoweri Museveni van Uganda gedoen om nie die Wetsontwerp teen Homoseksualiteit, wat hierdie week deur die land se parlement goedgekeur is, te bekragtig nie. Die wet sal die misdadigheid van selfde-geslagverhoudings vestig en nuwe oortredings skep wat lede van die LGBT-gemeenskap verhoed om enige vorm van maatskaplike betrokkenheid in Uganda te hê. Makgoba sê dit het hom gepynig toe hy die wetsontwerp lees. Hy voeg by alle mense is God se kinders, ongeag hulle seksuele voorkeure.