Driekamp was reuse-sukses, wenners gesels

Die Afrika-driekamp Sprint Cup wat op Swakopmund gehou is en deur Prosperity Health en RMB aangebied is, was ‘n reuse-sukses. Meer as 140 atlete van 22 lande het deelgeneem. In die elite kategorie, het Richard Murray, Suid-Afrikaanse Olimpiese atleet eerste gekom in ‘n totale tyd van 57 minute. Murray het vir die Namibiese Driekamp-vereniging deelgeneem.

En in die elite vroue afdeling het die Hollander Barbara de Koning eerste gekom in ‘n totale tyd van ‘n uur, 5 minute en 9 sekondes.