Jeugraad: So lyk pad vorentoe

‘n Beweerde poging deur die Nasionale Jeugraad se direkteur, Calista Schwartz-Gowases, om ‘n PDM Jeugliga afgevaardigde aan te rand by ‘n Jeugraad byeenkoms in Ondangwa, is steeds in die nuus. Sharonice Busch, uitvoerende voorsitter van die Jeugraad, het die wangedrag veroordeel en sê hulle sal die voorval aanspreek wat tot die opskorting van die vergadering gelei het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Simon Taapopi, die voorsitter van die raad se menslike hulpbronne, vergoedings- en etiekraadkomitee, wat ‘n opdatering gee oor wat na verwagting gaan gebeur.