Jeug-owerhede doodstil oor aktiviste, behalwe presidensiële jeugadviseur

Owerhede betrokke by jeugaangeleenthede se stilswye na die arrestasie en weiering van borg van aktiviste Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma, is volgens openbare kommentaar, oorverdowend. Nie die jeugminister Agnes Tjongarero of die voorsitter van die Nasionale Jeugraad Sharonice Busch het enige kommentaar gelewer nie en was ook nie beskikbaar aan die media nie. Die presidensiële jeugadviseur, Daisry Obal, is tot dusver die enigste een wat enige kommentaar gelewer het. Op haar Twitter-blad het sy Vrydagaand geplaas dat die twee se aanhouding betreurenswaardig is. Sy sê dit is nodig dat alle rolspelers en belanghebbendes bymekaar moet kom en die kwessie met selfbeheersing en sensitiwiteit benader. Sy voeg by sy is verbind daartoe om oplossings te vind vir jeugwerkloosheid. Die PDM-parlementslid, Inna Hengari, wat ook Dinsdag die week gearresteer is toe sy aangedoen het by die polisiestasie is op 5 000 dollar borg vrygelaat maar, Amsuhelelo en Nauyoma is borg geweier. Al drie verskyn weer Woensdag op verskeie klagtes.