Driekamp keer volgende jaar na kus toe terug… en nog is op pad

Die Afrika-driekamp Sprint Cup is in volle swang op Swakopmund. Die geleentheid, wat deur Prosperity Health en RMB aangebied word, sal 140 atlete van 22 lande sien meeding en volgens Klaus Goldbeck, raadslid vir bestuur by die Swakopmund-munisipaliteit, sal die driekamp weer volgende jaar op Swakopmund gehou word, met talle ander sportgeleenthede wat ook op pad is. Goldbeck sê Swakopmund is lankal nie meer net ‘n vakansiebestemming nie.