Werkers vra wynplase vir beter nakoming van arbeidswette

Sommige wynplase in die Kaapse Wynlande versuim glo om aan die Fairtrade International-standaarde oor werk- en lewensomstandighede te voldoen. Terwyl die sertifisering ontwerp is om billike werksomstandighede en ‘n minimum loon te verseker, saam met ander byvoordele, het ‘n studie bevind sommige werkers verdien minder as die minimum loon. Die werkers word ook aan skadelike plaagdoders blootgestel, en daar is ʼn gebrek aan geriewe soos toilette en toegang tot water. Die werkers vra vir strenger strawwe vir plase wat arbeidswette oortree.