Jan Alleman moet by veiligheid, sekuriteit gesprekke ingesluit word

Die Afrika-unie hou vandag tot Sondag die 13de hoëvlak-vergadering oor die bevordering van vrede, veiligheid en stabiliteit in Afrika. Die vergadering vind in die hoofstad plaas. Die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah sê Jan Alleman moet by hierdie besprekings betrek word sodat die oorsaak van die konflik ondersoek kan word.