Koebaai Liz, geluk blaarslaai!

Die Daily Star se blaarslaai het Liz Truss geklop. Die Britse poniekoerant het Maandag gevra wie sal langer hou, Truss of ‘n kop blaarslaai. Die storie is wyd op sosiale media gedeel en in amper al die uithoeke van die wêreld se media gedra, insluitend op Kosmos 94.1. Die koerant het ‘n regstreekse uitsending van die blaarslaai op sy YouTube-kanaal geplaas en daar is selfs gedobbel op wie langste sal hou. Die opskrif op die Daily Star se voorblad vanoggend lees, ‘Lettuce Rejoice’ na Truss se bedanking.