Protesaksies regoor die wêreld, hoekom is Namibiërs so passief?

Regoor die wêreld vind daar stakings en protesoptogte plaas as gevolg van die styging in lewenskoste. In Namibië sien ons nie die tipe burgerlike protesaksie nie en die land is tradisioneel baie passief. Kosmos 94.1 Nuus het met oud-premier Nahas Angula in die verband gesels.

Hy sê die regering moet nie dink alles is in orde nie en moet stappe neem om die uitdagings aan te spreek.