Jammer is nie genoeg nie, Truss moet waai

Die leier van die Skotse Nasionale Party Ian Blackford sê die Britse eerste minister Liz Truss moenie dink dis goed genoeg om jammer te sê nie. Sy aanmerkings kom na Truss Maandagaand om verskoning gevra het vir die impak van haar ekonomiese plan. Blackford sê sy moet gaan.