Staatsamptenare is arm omdat hulle dobbel, drink en polisse koop

Ná die terugbetaling van Namibiese staatsamptenare se drie persent verlede week deur die regering, kon Siyanga Silinda, ‘n onderwyser, nie anders as om te sien hoe sy mede-staatsamptenare ‘n dag nadat hulle betaal is, weer sonder geld was nie. Silinda het ondersoek ingestel en ‘n verslag geskryf met die titel “Waarom is staatsamptenare arm”? In sy verslag het hy ‘n aantal redes genoem, soos alkohol, weddenskappe, rekeninge, en polisse … hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.