Sperrgebiet kry reën, twee woestynperd-vullens gebore

Dit gaan volgens berigte baie goed met Namibië se woestynperde in die verre Suide. Die stigting sê die gebied het Donderdag goeie neerslae gehad wat broodnodig is vir die diere. Daar is ook sedert Maart, twee vullens gebore wat baie goed aansterk. Die stigting het ook sy dank uitgespreek aan die Namibia Engineering Corporation vir ‘n skenking wat ‘n nuwe watergat by Garub 2 moontlik gemaak het. Die perde, wat uiters gewild is onder toeriste, het die afgelope paar jare uitdagings gehad met hiënas wat in die gebied in beweeg het en droë toestande wat voorgekom het.