Blitsbokke hoop veterane laat hulle geluk draai

Rugby: Die terugkeer van die veterane, Dylan Sage en Siviwe Soyiswapi, dra heelwat ervaring by in die Blitsbokke se veldtog by vandeesweek se Singapoer Sewes. Volgens SA Rugby is albei ou kalante met hulle loopbane van bykans ‘n dekade. Albei staatmakers maak hulle eerste verskyning in die 2024-seisoen en Soyiswapi is uiters opgewonde oor wat voorlê.