ISAP se vliegtuig spoor vermiste mans in Ugabrivier op

Intelligence Support Against Poaching, oftewel ISAP, het hul vliegtuig, Protector, suksesvol ingespan om ‘n lugsoektog van stapel te stuur na die twee vermiste mans, Kai Jacobie and Marco Zahradnicky, op te spoor. Volgens Fritz Kaufmann van ISAP, is die twee Namibiërs ongedeerd in die Ugabrivier gevind waar hul bakkie onklaar geraak het. Kaufmann sê hulle ‘n reddingspan is per pad na hulle gestuur. Hulle het oor die naweek in die gebied gaan kamp en die laaste kontak wat hulle familie met hulle gehad het, was Vrydagaand toe hulle op Uis was. Fritz Kaufmann van ISAP gesels met Kosmos 94.1 Nuus.