Tshwane wil onroerende eiendom vir ontwikkeling gebruik

Die Stad Tshwane het begin met ‘n proses om die raad se onroerende eiendom ten beste te gebruik om volhoubare ontwikkeling teweeg te bring en belegging in die stad te onsluit. Die bates sluit stukke grond in, asook geboue wat ontruim is. Dit was die afgelope ruk grootliks onproduktief, maar die stad sê hy werk daaraan om sake te verander. Woordvoerder Sipho Stuurman sê die bates sal deur ‘n deursigtige proses vrygestel word.