Iran verdedig Franse betogers se reg tot versetoptrede

In ‘n plasing wat wenkbroue laat lig het, het die ministerie van buitelandse sake van Iran hom sterk uitgespreek teen Franse owerhede se optrede teen betogers. Frankryk gaan reeds ‘n geruime tyd gebuk om betogings as gevolg van President Emmanuel Macron se stap om die aftree-ouderdom van 62 na 64 op te skuif. Traangas en waterkanonne word gebruik om die betogers uiteen te dryf en geweld is ook reeds bevestig. Iran sê hy doen ‘n beroep op Franse owerhede om menseregte te respekteer en nie geweld teen die landsburgers te gebruik nie. Protesoptrede in Iran, wat in September verlede jaar begin het na die dood van Masha Amini in polisie-aanhouding, het gelei tot amper 600 sterftes, meer as 1 100 beserings en duisende is gearresteer. Vier mans is reeds tereggestel is na hulle die doodstaf ontvang het omdat hulle aan die betogings deelgeneem het.