ANC-regering betaal nie 3 000 fakture van ’21 nie

Die Suid-Afrikaanse regering het versuim om meer as 3 000 fakture te betaal vir dienste wat tussen September en Desember 2021 gelewer is. Volgens die Staatsdienskommissie beteken dit die meerderheid van die verskaffers is nie binne 30 dae na dienslewering betaal nie. Die Departemente van Gesondheid, Toerisme, Openbare Werke en Infrastruktuur en Statistiek Suid-Afrika is van die ergste oortreders. Die kommissie se kommissaris, Anele Gxoyiya, sê die gebrek aan gevolgebestuur het daartoe gelei dat sekere diensverskaffers sukkel om hul deure oop te hou.