IPPR hou gesprek oor fopnuus oor inentings

In Namibië word sosiale media in die meeste gevalle misbruik. Mense gebruik nie noodwendig sosiale media vir die regte doel nie. Die mees onlangs vals nuus word op sosiale media, veral WhatsApp, oor mites van Covid-19-inentings versprei. Almal op sosiale media het ‘n opinie oor die inentings. Die Instituut vir Beleidsnavorsing se Navorser, Frederico Links, is bekommerd oor die verspreiding van leuens oor die kwessie, daarom het hull ‘n gesprek hieroor georganiseer om die mites van inentings hok te slaan. Links het sy kommer met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.