SA: Kleinhandelverkoopsyfers onderpresteer

‘n Senior ekonoom by First National Bank in die buurland het kleinhandelverkoopsyfers wat aansienlik onderpresteer, toegeskryf aan paniek-aankope verlede jaar. Statistieke Suid-Afrika het bekend gemaak dat inkopie-bedrywighede in Maart met 2,5 persent afgeneem het na ‘n verrassende toename van 2,2 persent verlede jaar. Die ekonoom, Siphamandla Mkhwanazi, sê die syfers is aangedryf deur sport en ander vermaakverwante goedere as gevolg van die inperking.