IPC wil Smith-Howard dissiplinêr verhoor

Plaaslike media berig dat die Independent Patriots for Change sy Swakopmund raadslid Ciske Smith-Howard ingeroep het vir ‘n dissiplinêre verhoor. Daar word verwag dat sy op 18 Desember voor die party se dissiplinêre komitee in die hoofstad sal verskyn. Die komitee moet ondersoek instel oor beweerde wangedrag deur Smith-Howard. Volgens wat berig word kan sy nie verteenwoordiging bekom nie omdat dit ‘n interne proses is. Maar haar prokureur Tshuka Luvindao sê die datum pas nie omdat dit ‘n Saterdag is en dat sy eers die laaste week van Januarie en tydens Februarie beskikbaar is. Smith-Howard is op 21 Oktober weerhou van enige party aktiwiteite nadat sy na bewering nie haar woonadres in Swakopmund kon bevestig nie.