IPC maak sy planne op 17 Januarie bekend

Die Independent Patriots for Change-party sal op 17 Januarie sy planne vir die jaar bekend maak. Volgens die party se woordvoerder Imms Nashinge, sal die hoofpatriot, Panduleni Itula om half-ses namiddag sy toespraak regstreeks uitsaai op die party se Facebook-blad.