TLU sê Vrystaatse distrikte moet as rampgebied verklaar word

Die Transvaalse Landbou-unie het ‘n beroep op die Vrystaatse Departement van Landbou gedoen om vloedbeskadigde distrikte tot rampgebiede te verklaar. Erge storms het dié weke dele van die provinsie asook Noordwes getref. Vloedwater het duisende hektaar gewasse tussen Christiana en Hertzogville beskadig en in sommige gevalle heeltemal verwoes. Die uitvoerende hoof van TLU, Bennie van Zyl, sê die skade raak ‘n geraamde sesduisend hektaar. Hy het ‘n dringende beroep op die departement gedoen om boeregemeenskappe wat die ergste deur die ramp geraak word, by te staan sodat hulle steeds kan boer.