Nog chaos by Confidente

Loide Moses, die hoof van finansies en menslike hulpbronne, sê die stigter en redakteur van die weeklikse Confidente-koerant, Max Hamata, het nog nie by die kantore opgedaag nie. Hy het sy personeel saamgeroep en almal wag volgens berigte reeds ‘n geruime tyd. Plaaslike media berig ook hulle eis nou hulle Desember-salarisse wat steeds nie betaal is nie. Hamata het vroeër gesê die publikasie het finansiële uitdagings. Moses sê sy kan geen kommentaar lewer tot Hamata by die kantoor aankom nie.

Hamata het vroeër, toe Kosmos 94.1 Nuus by hom navraag oor die kwessie godoen het, gesê hy is besig met ingenieurs.