Inwoners van die Illegal informele nedersetting hou vanaand vergadering

Inwoners van die Illegal informele nedersetting in Okahandja word uitgenooi na ‘n gemeenskapsvegadering om ses-uur vanaand by die Blikkiesdorp-sokkerveld. Dit volg nadat ‘n vreedsame protesoptog oor eise vir dienslewering op die dorp plaasgevind het. Die vergadering het ten doel om die optog en voornemende vergadering met die dorpsraad te bespreek. Die groep se woordvoerder Sethie Gariseb, praat met Kosmos 94.1 Nuus.