Kankervereniging hou Saterdag sy Sokkies- en Sop-Saterdag

Die Namibiese Kankervereniging hou op Saterdag 4 Junie sy jaarlikse Sokkies- en Sop-Saterdag by MegaCentre in Klein Kuppe in die hoofstad. Die geleentheid duur vanaf die oggend om nege-uur tot die middag twee-uur. Kom geniet romerige hoendersop, groentesop, pannekoek en koop jou warm en kleurvolle sokkies vir die winter. Die Kankervereniging maak staat op fondsinsameling om kankerpasiënte by te staan. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Rolf Hansen.