Internasionale vennootskappe sal landbousektor in Karibiese streek versterk

Die ontwikkelende eiland-state in die Karibiese streek beplan om landbouvennootskappe met agentskappe wat verder weg geleë is, te vergroot. Die regering van Antigua en Barbuda wil droogtetoestande versag deur betroubare waterbronne aan boere te verskaf. Boere is ook aangemoedig om by hidroponika betrokke te raak, om die gebruik van die hoeveelheid water vir besproeiing te verminder. Die kabinet het verder beloof Antigua se owerheid vir openbare nutsdienste sal teen die einde van hierdie jaar aan waterbehoeftes regoor die eiland voorsien.