Thulas Nxesi neem waas as minister van staatsdiens

President Cyril Ramaphosa het die arbeidsminister, Thulas Nxesi, aangestel om waar te neem as minister van die staatsdiens en administrasie. Dit volg op die aanstelling van minister Ayanda Dlodlo as ‘n uitvoerende direkteur in die raad van die Wêreldbank in Washington. Dlodlo sal een van drie raadslede wees wat die belange van 25 Afrika-lidstate verteenwoordig.