Situasie by Rahima Moosa-hospitaal is kommerwekkend

Die Stad Johannesburg se burgemeesterskomiteelid vir Gesondheid en Maatskaplike Ontwikkeling, Ashley Sauls, sê die situasie by die Rahima Moosa-hospitaal in Johannesburg is kommerwekkend. ‘n Onlangse video wat op sosiale media die ronde doen wys hoe swanger vroue op koue vloere in die hospitaal slaap. Sauls sê die hospitaal het baie ongedokumenteerde migrante as pasiënte en dit moet ondersoek word.