Instituut van Rasseverhoudings vra Ramaphosa om wetsontwerp te veto

Die Instituut vir Rasseverhoudings in Suid-Afrika doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa om die Wysigingswetsontwerp op Billike Indiensneming te veto nadat die Nasionale Vergadering dit goedgekeur het. Volgens die instituut vereis die wet dat ‘n maatskaplik-ekonomiese impakstudie ingedien word, en dit ontbreek. Die instituut se woordvoerder, Gabriel Crouse, sê nasionale wetgewing moet nagekom word om verdere onbillike diskriminasie te voorkom.